

OumeulTeater
Teater in die Paarl
Program
Author: Wihan
Vrydag, 24 Februarie 20h00 R80.00
Koos Kombuis – GPS vir die lewe
Mense het my al so baie gevra: “Wat glo jy nou eintlik, Koos?”, dat dit seker net ‘n kwessie van tyd was voor ek hierdie ingewikkelde vraag deur my liedjies sou probeer beantwoord. Daarom dan dat ek nou met ‘n hele handvol nuwe liedjies sit wat almal so effens van ‘n “geestelike” tema het! Suiwer gospel is dit voorwaar nie, tog bring Koos die boodskap van geloof, hoop en liefde in ‘n taal wat ons almal verstaan. En vir die wat hulle nuuskierigheid nie kan beteul nie, Koos glo, onder andere, in ‘n Vet Vrou, sy GPS, Donkies en Woestyne…
Friday, 2 March 20h00 R120.00 (students R80.00)
aKing – Acoustic Show
aKING is currently one of South Africa’s top rock acts, drawing capacity crowds at venues and festivals across the country. Over three years, their energetic live sets and articulate, intelligent lyrics have won them scores of loyal fans across generational boundaries.
aKING is a melodic, alternative pop-rock band based in Cape Town. The band was formed when Hunter Kennedy and Jaco Venter from F*kofpolisiekar joined musical forces with friends Laudo Liebenberg and Hennie van Halen in making music that expresses their shared experience of growing up in Cape Town’s northern suburbs, and a poetic take on South African life as a whole.
aKING is Laudo Liebenberg (lead vocals and lead guitar, Andrew Davenport – (rhythm guitar and backing vocals), Hennie van Halen (bass guitar) and Jaco “Snakehead” Venter (drums).
Saterdag, 10 Maart 20h00 R50.00
Nog een koppie koffie – die musiek van Lucas Maree
In die middel 80’s sit ‘n jong seun en kyk na Platepraatjies. Op dié dag was die kunstenaar Lucas Maree en vir die heel eerste keer hoor Wihan Stemmet die liedere Kiekies en Wiegelied. Jare later kry Wihan ‘n kitaar vir sy sestiende verjaarsdag en vier akoorde later herontdek hy die skatkis van woorde en wysies van Lucas se musiek. Eenvoudig, dog diep. Lucas se musiek resoneer in die hart van hierdie jong musikant.
Liedjies soos N1 Roete Noord, Wiegelied en Nog een koppie koffie word gereeld by kampvure uitgetoets op wie ook al wil en nie wil hoor nie. Nadat Wihan diensplig voltooi het (waar die kitaar meer as een keer vir braaivleis in bosfase gesorg het) bekom hy vir die eerste keer ‘n Lucas Maree CD – Miljoen. Wintersdagboek word sumier geleer en vir die eerste keer op ‘n volstruis uitprobeer, kaalvoet in Touwsrivier met die sneeu op die bergpieke. Later, met die koms van die Kiekies konsert album, met sy solo kitaar begeleidings en eenvoudige verwerkings, is die invloed van Lucas Maree op Wihan se stem en styl onvermydelik.
Toe Wihan op 18 Februarie 2011 hoor van Lucas se afsterwe is daar tussen die hartseer deur ‘n saadjie geplant wat amper ‘n jaar later sou wortel skiet in ‘Nog een koppie koffie’.
In ‘n wêreld waar waterskoeters toeters het, harte ‘tjoklits’ pomp en bokkies met rooi rokkies heel aand sokkie, is dit tog ook belangrik om die ander kant van Afrikaanse musiek te laat voortleef en te vier.
‘Nog een koppie koffie’ is dan Wihan se persoonlike viering van die musikale reis, onwikkeling en selfs ontwaking wat hy ervaar het deur middel van die musiek van Lucas Maree.
‘Maar ‘n strepie warm sonskyn skrywe woorde teen die muur
vir ‘n wysie in die waai van die wind.
Vir ‘n liedjie vol van vreugde en sierade wat ek vind
in stapels op die vloere van my hart’ – Treklorrielied
Thursday, 15 March 20h00 R80.00
Piet Botha – The Lyzyrd Kyngs
The infamous Akkedis band from Stellenbosch have long since been more than friends with Piet Botha and over 15 years or so have often jammed together when the opportunity presented itself.
But over the last three years their paths have crossed over and over again and what at first was a mix of Jack Hammer / Piet Botha tunes and Akkedis songs has developed into a band with a different sound and new material as well as a brand new album due for release in March. This outfit is known as “The Lyzyrd Kyngs” ( from a Jim Morrison poem ) .
The band consists out of a 4 piece that features three vocalists, drums bass and two guitars.Their entire repertoire can be played acoustically as well which is something special in it’s own way.
Saterdag, 17 Maart 20h00 R90.0
Skeer op Richmond
Twee vroue, op soek na aflegging en vernuwing, onderneem ‘n reis tydens Kerstyd. Teen die agtergrond van ‘n landskap waar ‘n mens uitgelewer is aan jouself, deel die gehoor in hul heelwording. Dit is ‘n road movie en ‘n chickflick vir Afrikaanse teater.
Vyftien jaar gelede het vyf onervare jong kunstenaars bymekaargekom vir ‘n projek – min wetend dat hul paaie ‘n dekade en ‘n half later steeds verweefd sal wees, en dat hul loopbane en lewens deur daardie een ervaring omvorm sou word. Die projek was “Skeer op Richmond”. Die jaar: 1997.
Deur hierdie produksie weer op te voer, kry die gehoor die geleentheid om nie net saam met die karakters in die teks te reis nie, maar om ook die vrouens wat daarmee gemoeid is, en húl reis, waar te neem. Laurinda Hofmeyr is verantwoordlik vir die toonsettings en Saartjie Botha die teks. Die ander lede van die gedugte span is Leonore Bredekamp, Frieda van den Heever en Stephanie Hough, met Nina Swart wat die regie behartig.
Donderdag – Saterdag, 29 – 31 Maart 20h00 R60.00
Die Begrafnis
Vir jare vermaan Ant Vossie al haar man, Oom Vierman, dat hy sy gewig moet dophou, die vet gaan nog sy einde beteken. Op ‘n warm dag verlaat Oom Vierman toe die land van die lewendes – en dis presies hier waar die paw-paw die fên slaan.. Aangesien die kamerdeur te klein is om hom uit te dra moet Mnr. Balsening, die begrafnisondernemer‚ ‘n plan beraam om Oom Vierman in sy graf te kry. Maar dis warm en Vytjie kan nie voorbly om ys aan te dra nie en die waaiers maak ook nie hond haar-af nie.
Die huis word al hoe voller met Konyntjie, die buurvrou wat ‘n simpatieke oor kom gee en Smous, Ant Vossie-hulle se enigste seun, wat sy meisie van Kraaifontein saambring na die begrafnis toe. Intussen neuk Eskom met kragonderbrekings én die SABC se televisiespan daag op om ‘n insetsel van die begrafnis te maak vir die 8 uur nuus.
Geskryf deur Philna Janse. Karakters: Ant Vossie: Rene Botha, Balsening: Jacques Albertyn, Konyntjie: Jaomi Zeeman, Patsie: Zelda Furstenburg, Smous: Jeff Wolhuter, Vytjie: Belinda de Kock. Verhoogbestuur: Zuquina
‘n Lekker, lawwe komedie aangebied deur die Ou Meulteater se Amateur Toneel Groep.
Friday, 13 April 20h00 R120.00 (Students R100.00)
Elvis Blue
In 2010, Elvis Blue won the title of Mnet Idol for that year – sharing half the profit with runner up Lloyd Cele.
Elvis Blue released the album that would change his life as a musician and consolidate all his years of hard work. This album was simply titled Elvis Blue. On the album’s release in November 2010, it shot up the radio and sales charts and reached Gold status. The first two singles Things My Father said and Lighthouse were massive hits, and with the third single, Save Me, is currently on playlists across the country. The album went platinum in late 2011 – with sales in excess of 40 000 units. Balance this divine gift with great humility, a kind heart and the work ethic of Henry Ford and you begin to understand the soul within this artist.
Since the release of his album, Elvis has set himself apart as an exceptional performer of live music, using some of the best local musicians to round out his band on stage, insisting on delivering music with depth to audiences across the country. Elvis is also a dedicated husband and father besides being a world class musician and a household name in South Africa.
The success Elvis Blue over the past few years enabled himself to invest in something very near and dear to his heart – The Elvis Blue Music Academy. The Academy was started by Elvis to teach underprivileged children the joy of music. The organisation provides instruments and instruction in a safe, warm environment. “Music has the ability to heal,” Elvis says. “This venture is living proof of that.” The Elvis Blue Music Academy operates in the Western Cape, George and is rolling out in Alexandra in Gauteng in the near future.
Elvis’ success is due to years of hard work, passion and commitment, and even though the path has been long and sometimes never ending, the real journey has only begun now.
There is a lingering feeling of awe when you meet this humble artist. True talent begets respect and admiration. And that’s exactly why Elvis Blue has our country at his feet.
Saterdag, 14 April 20h00 R70.00
Lance James
Lance James, ook bekend as Big Daddy het meer as 50 Goue Jare in die vermaak bedryf, as ‘n professionele kunstenaar. Hy het nog geen planne om af te tree, want die aanvraag vir sy dienste en optredes, vir konserte en danse, is nog baie sterk. Hy bly een van die besigste sangers in Suid Afrika.
Die SA publiek het hom leer ken met sy treffers Dankie, Vicki, Ahoy Madaskar Ahoy en vele meer. Hy was ook ‘n aanbieder op Springbok Radio in die70′s en 80′s van verskillende radio progamme soos Munt uit Musiek en die program Keep it Country, wat steeds na 35 jaar nog op die lug is, tans op Radio Today14.85 medium golf. Hierdie program word ook nou gehoor op Radio Panorama, in die Vrystaat, en op Impala Radio in Australië, Namibië, en op South Coast KZN.
Saam met Min Shaw, met wie hy ons land deur getoer het vanaf 1968 tot 1975, het hulle die groot treffers gehad, soos Bymekaar en Aandlied van die Voëls, Bloedrooi die Rose en vele meer. Lance James het ook met Barbara Ray opgeneem, en After the Fire is Gone en Somewhere Between is maar ‘n paar van die treffers deur hierdie twee.
Lance James het ses Sarie Toekennings ontvang oor die jare, en in 2006 is Lance deur die ATKV as ‘n Ikoon van Suid-Afrika vereer met ‘n oorkonde vir sy bydrae tot sang en musiek in Suid-Afrika en vir sy jarelange bydrae tot die bevordering van gesonde verhoudinge tussen Afrikaans- en Engelssprekende Suid Afrikaners. Die ATKV het ook vir hom met ‘n prestige penning beloon vir die bevondering van die Afrikaanse taal en kultuur deur sy verhoogoptredes en talle Afrikaanse liedjies.
“Lance James is een van die bitter min lewende legendes in Suid-Afrika en in die wêreld. Sy suiwer stem is na al die jare nog steeds soet op die oor. Toe sy klankstel tydens die sing van sy trefferlied “50 Goue Jare” probleme gee, sing hy die lied sonder musiekbegeleiding – suiwer nootvas, met volkome stembeheer en intonasie…!!!” – Uittreksel van ATKV Centurion
Saterdag, 21 April 10h00 R45.00
Rooikappie en die Wolf
Dié klassieke sprokie, oorspronklik deur die broers Grimm, is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wie ook die regie behartig en selfs een of twee verassende verskynings op die verhoog maak as die teësinnige faktotum en algemene alles regmaker.
Soos in die die sprokie dwaal Rooikappie van die pad af as sy medisyne vir haar siek ouma neem, en verdwaal sy in die bos. Hier kom sy nare Dolf, die woeste wolf teë, wat blitsvinnig ’n plan smee om haar en haar siek ouma as smaaklike happie te geniet, dalk met ’n sopie plantwortel jenewer, want hy hou daarvan so. Gehore sal dan maar net moet sien of die houtkapper en van die ander bosbewoners wat Rooikappie teëkom haar en haar Ouma kan red van Dolf die Wolf se onderduimse planne.
Regisseur Gaerin Hauptfleisch is al bekend vir sy prettige “panto-mini’s” soos Aswoestertjie en Sneeuwatjie? Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman wat al vele kindertoneelstukke op hulle gesamentlike kerfstok het, nie net by Kunstefeeste soos KKNK nie, maar ook by skole oor die hele Wes-Kaap.
Spektrum en Stercus produksies, twee gevestigde produksiehuise, het saamgespan om die sprokie, Rooikappie en die Wolf, op die planke te bring.
read comments (0)
