OumeulTeater

Mei 2012
Hallo!

‘n Ruk terug het ook toe begin “Stumble upon” op daardie verslawende webtuiste. Nou nie dat ek baie tyd het om te “stumble” nie, maar mens, is daar nou interessante goed om te ondek! Met prentjies en alles! Een van die webwerwe wat my grysstof so bietjie kielie is toe oor iemand wat ‘n gebou se een muur met swart bordverf en ‘n stensil bygekom het. Op die muur is daar rye en rye en rye vol geskryfde “Before I die I want to……” met bordkryt in bakkies sodat verbygangers die sin kan voltooi. Sodra die muur vol is vee hulle dit eenvoudig af en begin van voor af. Met onlangse gebeure in die Stemmet huishouding is die dood nogal redelik in my gedagtes (nie op die morbiede, alles-is-te-veel-vir-my-manier-nie, voordat jy wonder  . Die ding is net, daar is soveel goed wat ek nog wil doen voor ek Verhuis, ek is nie heeltemal seker of een muur genoeg gaan wees vir al die sinne wat ek moet skryf nie. En verstaan my reg, dis nie noodwendig groot goed wat baie geld of hope talent gaan kos nie… net goed wat jou gaan laat glimlag en jou laat onthou wat dit is om mens te wees. Soos leer om met ‘n vlieër te vlieg, somtyds ‘n brief (met die hand) te skryf en vir ‘n spesiale mens te pos, gereeld kamp… sulke dinge.

En sjoe, ek WEET… hierdie is ‘n TEATER brief… nie ‘n blog waar ek ander mense moet verveel met wat in my lewe aangaan nie… Dink al wat ek wil sê – dan is ek klaar met hierdie weird paragraaf – is geez, die lewe is so, so kort. Moenie doodgaan met die musiek nog in jou of die sop en sjerrie/matroos/1920′s partytjies wat jy nog wou hou nie. En vertel vir jou harstmense dat hulle vir jou die son en maan beteken. Dis maar al.

Ok, Teaterteaterteater! (wat heeltemal aan die agterste speen getrek het die afgelope 2 maande, maar sussie is terug!) Vir jou plesier kom kuier in Mei: (Denkbeeldige drumroll) Marc Lottering! André Schwartz! Spektrum Kinderteater met Bazoo en die Spookpadda’s! Brandon October! Op Moedersdag nogal, nou weet jy wat om te koop. Wihan Stemmet en Hilandi du Toit! Hulle sing van Lucas Maree se treffers. Ons sluit die maand af met…. Mathys Roets! Ta-da-DISH!!. Nou DIS mos net pure plesier.

Oooo ja, het jy dalk kontak met ‘n outehuis of senior sentrum, nooi hulle asseblief hartlik uit na ons jaarlikse Senior Burger oggend, daar is nog plek. Hulle moet net bespreek, want raai so bietjie wie bak die ‘ietsie soet’? En as ek te veel maak kan jy mos nou maar net dink wie dit sal moet eet… Ai, foeitog, jy weet.

Marius en Diana van Skinkikofi…. Julle is sulke helder sterre in die hemelruim, wow, BAIE, BAIE dankie dat julle nie net vir Elvis Blue nie, maar ook sommer sy gesin op kort kennisgewing gehuisves het. Hulle het gedink dis vroeg krismis om so in die besige skedule saam tyd onder julle dak te spandeer. Mag julle 100-voudig geseën word.

Hoop hierdie winter reëntjie was alles skoon wat jy uitgevee wil hê.

Gieters vol teatergroete uit die rooi stoel,

Vicky Stemmet

083 564 0056

www.oumeulteater.co.za

Sommer net.

He said, Son can you play me a memory

I’m not really sure how it goes

But it’s sad and it’s sweet and I knew it complete

When I wore a younger man’s clothes

Maart 2012
Hallo daar!

Goeie aarde, wat ‘n week! Hierdie nuusbrief wou al ‘n paar dae terug by jou geland het, maar ja… hier kom hy nou, sommer ‘n vinnige enetjie. In Maart maand kuier ou bekendes, ander bekendes EN Paarliete by ons op die verhoog. Ons spring sommer weg met aKING, ja swaerie jy het reg gelees. Bel die kinders, hoor wie is by die huis en bespreek.

Dan is die geliefde Piet Botha aan die beurt, en dan (groot heerlikheid) “Skeer op Richmond” met ‘n paar dames wat ek BAIE graag in aksie wil sien. “Skeer” maak ‘n draai by al wat fees is klink dit vir my, so kom kyk sommer hier op jou stoep as jy nie die jaar by ‘n fees gaan uitkom nie. Boonop is ons eie Laurinda ook daarin, so prop ‘n kombi, die kar en die 4 x 4 vol vriende en kom maak ‘n draai.

En… aan die einde van die maand (JEEE-HAAAA!!!) ‘n baie prettige storie – of sal ons sê ‘n swaar onderwerp in ‘n ligte luim – die Ou Meul se Amateur drama groep op die verhoog met “Die Begrafnis”. Kom ons stel dit so, beste terapie vir my van die week! Behalwe dat dit ‘n klomp talentvolle mense is, is die teks ook nog ‘n wenner – in meer as een opsig   Die hoop is om vir die teater nuwe ligte te koop met die fondse van hierdie vertonings – daar het jy nou sommer ‘n hele paar redes om dit aan te teken in jou dagboek.

Nou toe, nou het ek reeds die program vir jou opgesom, gaan kyk nou maar net wat wanneer gebeur.

Jinne, ek hoop dat jy elke dag ‘n herinnering in jou onthou-stoorkamer sal gaan bêre. En dat jy dit soms sal uithaal en soos ‘n skulp teen jou oor sal hou. En dat jy sal glimlag. En onthou om dankie te sê.

Warm teatergroete uit die rooi stoel,

Vicky Stemmet

083 564 0056

www.oumeulteater.co.za

Februarie 2012
Hallo daar! Jinne mens, is ek bly om gou vir jou te skryf. Kyk ek is soos ‘n Jack Russell met ‘n tennisbal met die kunstenaars wat in Februarie by ons kom optree. Die wat alreeds daar was: “JEY!! Cool!! Kyk wie kom weer!!” en dan met die nuwes: “JEY!! Cooll! Het jy gesien wie kom vir die eerste keer by ons kuier?!!” Goed lees nou weer daai stukkies in GROOT hoofletters en nog so 6 uitroeptekens na elkeen – en jy kry die idee. Maar regtig, HET JY GESIEN WAT GEBEUR IN FEBRUARIE BY DIE OU MEULTEATER? Ok, ok – het dit nou uit my sisteem. Maar die program in kort, (ta-da-dish!) (kyk ek weet ook nie hoekom ek nie so maer soos ‘n graat is nie – is dit nie veronderstel om energie te verbrand as mens so opgewonde soos ‘n Jack Russel is nie?) elk geval… Kug-kug. Hier gaan ons: Barry Hilton en Mike King (jy sal in die program uitvind wie hy is, swaerie) , Rocco de Villiers , Karen Zoid en Koos Kombuis. En die name het nou natuurlik in my kop geklink soos die wenners van die Grammy Awards (wonder of ek vanaand verkeerde brand koffie gedrink het?). Fantastiese kunstenaars, ek spin sommer in my stoel van gelukkig wees.

Sal my baie sedig gedra verder. (Sal probeer, ten minste.) Wat jy nog met hierdie nuusbrief moet weet: Daar is nog so paar plekke vir Stef Bos se vertoning op Sondag, 29 Januarie om 16h00 en op Saterdag, 28 Januarie om 10h00 kuier die Spektrum span by ons met ‘n splinternuwe kinderproduksie, Poppie en Bongo – ek sal daardie besonderhede onderaan die Februarie program plaas, dit was nie in die vorige nuusbrief nie.

By elke vertoning is daar ‘n paar mense wat baie braaf is en alleen teater toe kom. Haal my hoed af vir jou as jy een van hulle is. Nou het ek gewonder… As jy een van die is wat soms soek na ‘n teater mater, wil jy nie vir my ‘n epos stuur nie? As daar so handvol mense is drink ons een aand ‘n koffietjie by die teater, ontmoet mekaar en as jy dan ‘n asem sou soek om saam met jou te teater dan het jy die ‘bel-’n-pêl’ opsie Dis nie ‘n ‘singles club’ nie en ons gaan nie elke maand bymekaar kom nie, dis sommer net om mense te ontmoet wat ‘n gemeenskaplike belang het. Dalk is die eerste kuier effens ongemaklik, maar wie weet, drie vertonings later het jy dalk ‘n goeie vriend/in gemaak. Laat my weet en ons maak ‘n afspraak. As jy ‘n foto of 3 op jou rekenaar het wat jy by die teater geneem het, stuur dit asseblief vir my? Ons webwerf het ‘n lekker verskeidenheid van kunstenaars en kykers op, maar dis beslis tyd om daardie kiekies so bietjie op te dateer.

Hoop dat jy die maand ‘n helder lig op jou roetine sal skyn sodat jy kan sien waar daar ‘n gaatjie is vir ‘n ekstra skeppie vreugde.

‘n Vol geskryfde boek teatergroete uit die rooi stoel,

Vicky Stemmet

083 564 0056

www.oumeulteater.co.za

November
Hallo daar!

Hoe vreemd om ‘n brief te tik wat eers oor 2 weke gestuur word!   Maar hier kom hy elkgeval!    Goeie aarde, is daar nou vir jou opsies die maand by die teater…  Laat ek dit gou aframmel:    Elvis Blue,  Emile Minnie,  Lollos III , “Paloekas – dagboek van ‘n single girl” met Lulu Botha,  Antionette Pienaar hou konsert,  die girls van “Sê jy ek is dik?” kom maak ‘n draai,  Marion Holm,  “Bye ma, Jaypee” met Chris van Niekerk en dan nog “Hier huil jy net twee keer” met Dana Snyman en Klopjag.  Ek wriemel sommer in my stoel net om die ry name te sien!   Sulke tye dat ek baie bly is dat ek nie hoef te kies watter shows ek kan kom kyk nie      Waai so bietjie die program onder jou HR persoon se neus, wie weet, dalk besluit die baas om die hele kantoor teater toe te bring in die naam van ‘n jaareindfunksie.   Mens mag hoop, nê?

Het my kop gedraai van inligting en lekkerte na ons eerste Improvisasie klas met Megan Furniss van TheatreSports!   Dit was omtrent sports, laat ek jou vertel.   Sy kom gee weer ‘n klas vir die amateur teater groep op Donderdag, 3 November om 19h30.   Jy is welkom om te bepsreek (R100.p.p)  en dan is dit ook sommer ‘n amptelike uitnodiging vir enige iemand wat belang stel om by die amateur groep aan te sluit.   Ons het ‘n stuk wat ons volgende jaar wil opvoer, maar daar kort hande – vir ligte, kaartjies, verhoogbestuur, snoepie, kostuums……   Laat my weet?

Ek het verlede week weer gaan houers aflaai by Tannie Riana, sy is baie dankbaar, maar haar kar slaap nou al buite om plek te maak vir houers.   Sy sê sy dink sy is fine met houers tot so einde November maand.  (Dankie, julle!)   Daar is wel 50 kinders wat skryfbehoeftes gaan nodig hê in die nuwe jaar, so as jy ‘n skerpmaker of  A4 boek of ‘n stafie gom wil saam piekel teater toe….   As jy dalk nuwe goed vir jou kind gaan koop, ‘halwe’ penne, uitveërs en ou potloodsakkies sal ook ‘n staande ovasie kry van die kant af.   Die probleem met kinders wat nie skryfbehoeftes het nie is dat hulle nie in die klas hulle werk kan doen – of huiswerk afskryf voordat sy maatjie nie klaar is met sy potlood nie.  En een potlood tussen 3 kinders is, om dit saggies te stel, minder ideaal.   En heng, as dit ‘n potloodsakkie met jou eie pen en kleurpotlode kos om ‘n kind opgewonde te maak oor skool…   O ja, as jy skoolklere het wat se soom nou al 4 keer uitgehaal is, bring ook sommer saam – en seblief ou en te klein skoolskoene ook.   Sela.    Goed, so wanneer jy die briefie kry is ek hopelik met my tone in die sand, tralalala!   My telefoon en notebook gaan saam, so jy kan maar van jou laat hoor.

Mag die lente in jou binneste ook wees die jaar

Kleurvolle groete

Vicky Stemmet

083 564 0056

www.oumeulteater.co.za

Mei
Goeie, goeie môre!

Weer een van daardie oggende wat ek met hoofletters en  uitroeptekens wil gesels… want dis winter EN EK IS MAL DAAROOR!!  Goed, daar  is dit uit my sisteem uit.  Ek hou van alles van winter.  Die kleure, die  stiltes, reënvlae oor die Bolandse berge, die reuk van nat grond, pannekoek,  druppels op die ruite, pictionary, boeke, warm kuiers by vriende, sambrele, sop,  waterplasse, reënboê, serpe  – en dié lys kan nog vir lank aanhou.  Ook mos asof  nie net ons aktiwiteite meer binnetoe neig nie, maar ook ons gedagtes – en wat  ‘n seën kan dit nie wees nie.  Nuwe idees, ou goed wat kan brandhout word en  saadjies wat net wag vir die regte tyd om te ontkiem.

Elkgeval, wanneer jy netnou die program bekyk, Mei maand  het besluit om Komedie Maand te wees by die Ou Meulteater.  Kom ek vertel jou  wie om te verwag: (en by gebrek aan flikkerende neon ligte moet ek weer net keer  vir die uitroeptekens, hoofletters en ‘n paar drum rolls – want kyk wie kom  almal kuier!  In een maand!!)   Marion Holm, Marc Lottering, Johan en Lida Botha  en Esther von Waltsleben en Jan-Hendrik Opperman (geen vreemdelinge op ons  verhoog nie, julle sien hulle altyd met kinderteater) EN dan nog die amateur  teater se eerste opvoering:  “Wit leuens en swart dade.” Hoe jy gaan kies watter  produksie om te kom kyk…  nee, ek weet ook nie! Maar dat ek van oor tot oor  glimlag?  Duidelik!

“Mis” van Reza de Wet word weer vir die matrieks – en  ander belangstellendes – opgevoer in Julie/Augustus.  As jy betrokke is by ‘n  skool, meer inligting sal volg – maar intussen is alles wat jy wil weet reeds op  ons webtuiste.  Ook, ons is dringend opsoek na ‘n skoonmaker by die teater.   Kontak my assegroteblief as jy iemand kan aanbeveel?

Mag jou woorde hierdie maand ‘n vuurtjie wees wat warm  maak en lig gee

Vuurwarm teatergroete uit die rooi stoel

Vicky Stemmet

083 564  0056

www.oumeulteater.co.za

Sommer omdat dit mooi  is

Winter

Die Pieke skuil in mis of wit  kapok

bo lensie-, ertjie, spek-en  bonesop

wat damp teen vensters van wit  gewelmure.

Bottels rooiwyn warm aan voor  kaggelvure

en in houtbakke volgens  seisoen

staan koejawels opgestapel en  soetlemoene.

Ons sal by tye met intiemer  tongval praat;

kerriekos eet, varkrib en bruin  wildbraad,

souskluitjies met kaneel,  gesproete pannekoek.

Wanneer jou kop sy reglê op die  kussing soek,

raas die Eersterivier harder en  vol,

en in jou word die klippe ronder  omgerol.

D.J.  Opperman

April
Goeie môre op hierdie Maandag oggend!

Verlede week die tyd het ek en die man 10 km buite Touwsrivier langs ‘n grondpad gesit sonder selfoon opvangs.  ‘n Klip het die voorwiel gesny en dié het vinnig lug verloor.  Met die afklim sien ons egter ‘n groter probleem – die paralever het ‘n groot kraak in (dis nou die stukkie fiets wat die agterwiel aan die raam verbind).  Oops.  Gelukkig is dit platteland en Klaas tel ons op met sy plaasbakkie en deponeer ons by ‘n garage in Touwsrivier.  Lang storie kort, na ‘n paar oproepe word ons gered deur ‘n vriend wat buite Robertson boer en hy bring ons en stukkende fiets tot by die huis.  Vakansieplanne is toe effe deurmekaar, maar ons het weer Dinsdag probeer, die keer soos normale mense, en die slag ry ons maar met die kar!  (Het heerlik gaan asem skep in die nat Karoo, maar dis ‘n ander storie.)

Die ding is, die week het toe nie heeltemal verloop soos ons beplan het nie, maar dat die goedheid van vreemdes, vriende en familie ‘n realiteit is is nie altemit nie!  So met dankbaarheid nog warm in die hart wil ek sommer die week dankie sê vir die helpende hande sonder wie ons maar sal sukkel om te teater.  Vir die ongelooflike gasvrye mense wat kunstenaars ‘n huisie op toer bied.  Ken en Lorraine van Oukraal gastehuis en Sanet van Nantes Vue.  Julle moeite en warm harte word waardeer!  Vir Gwen van Investa Properties wat besluit het sy ‘sponsor’ die matte se skoonmaak.  Hoe amazing is dit?  My slim man wat ons webtuiste aan die gang hou, vir julle wat ‘n trop vriende saambring om te kom teater, die ma’s wat kinders aanry vir kindershows, die family wat met shows kom help koeldrank verkoop en sommer gou ‘n paar spykers inslaan terwyl hulle daar is, Robert by die munsipaliteit wat ons altyd vinnig en vrolik help.  Baie, baie dankies julle fabulous mense!

Dan ‘n kloppie op die skouer vir Celeste wat haar eerste eenvrou stuk geskryf het, aanvaar is by die KKNK en hierdie jaar vir “GIF” op die planke gebring het!  Well done teater partner!  Dis nog môre ook op die planke, vir die wat daar in die omtes is.  Vir almal wat met Jan Tuisbly se karretjie ry, ons bring hierdie maand vir jou ‘n paar manne wat die wêrel aan die brand sing.  André Swiegers, Valiant Swart én Mathys Roets.  Dan nog ‘n splinternuwe kindershow en ‘n privaat funksie deur Francois Louw – besonderhede aangeheg.  April is vreeslik vol lang naweke – en ondervinding het geleer dat hulle nie besonder goeie teater naweke maak nie, so as jy oor die langnaweek sit en wonder wat om met jou self te maak, sit maar in die son en eet ‘n stroopsoet lemoen – en spaar jou geldjies vir Mei maand, ons sal jou dan sommer goed besig hou!

Mag jy hierdie week onthou dat jy besonder gelukkig is.

Oorvloedige teatergroete uit die rooi stoel

Vicky Stemmet

083 564 0056

www.oumeulteater.co.za

Maart
Hallo-hallo-hallo!

Sien ek mos nou VREESLIK uit na “Die Einstes” se show (Vrydag aand, 25 Februarie)!  Nou hét ons al die gesprek gehad dat baie mense hulle nog nie ken nie…  maar mens, doen jouself ‘n guns en gaan loer en luister so bietjie by  www.youtube.com/watch?v=Li1g4kazu8E    of    www.facebook.com/home.php#!/pages/Die-Einstes/26012224148  .

Ek verstaan heeltemal die konsep dat ‘n mens na ‘n lang week net wil een word met jou rusbank, maar daar is anyway niks op die T.V. nie, so kom kry VEEL eerder ‘n 2de asem by die teater.  Kaartjie prys? R40.00 – en R30.00 vir skoliere.  (En het ek gesê van hulle instrumente is ‘n tjello en ‘n viool?)

Terwyl jy nou elk geval op die interweb aan die krap is, kliek daar op die link van Andra (in die program) en laat jou kakebeen in verwondering oop hang.  Waar daardie fyn lyfie haar sielvolle stem weg steek weet ek nie – maar mail jou vrinne en kom maak ‘n ry vol, betowering wag op jou met daardie show!  Verseker.

Die wat net nie hulle nuuskierigheid kon beteuel nie en eers die program gaan lees het voor my briefie, JY IS REG! Dit is ‘n splinternuwe kindershow wat die maand op die planke is! Kanniewaggiekanniewaggiekanniewaggie….  Sorry, ek is eenvoudig ‘n Spektrum Produksies fan

Hey, en as enige iemand dalk ‘n kontak het by ‘n ouetehuis of bejaarde groep in die omgewing, ons hou weer spesiaal ‘n oggend vertoning met die nimlike Ilze Gous op 17 Maart.  Die kaartjie prys sluit ‘n koffie/tee en ‘n soetigheidjie ook in.  BAIE dankie, Ilze!  As jy nie daardie oggend hoef te werk nie is jy ook welkom – maar onthou tog seblief om te bespreek – veral vir groepe.  Moet darem weet hoeveel koeksusters om te bestel

Nantes Vue is besig om sy vere reg te skud en behoort weer so teen einde Maart hulle deure – en hulle restaurant! – oop te maak, ek hou julle op hoogte sodra dit gebeur.

As jy jou tieners bietjie wil beïndruk, vertel vir hulle van Die Einstes en Die Tuindwergies se shows by ons – en dan sleep jy hulle saam na Piet Botha toe!

Dan teatervriende, hoop ek dat die sterstof wat in jou is die week sal skitter in alles wat jy doen.

‘n Uitspansel vol teatergroete uit die rooi stoel,

Vicky Stemmet

083 564 0056

www.oumeulteater.co.za

Februarie
Goeie, goeie môre!

Met ‘n skokkie vanoggend agtergekom ek het nog nie die Februarie briefie uitgestuur nie – doh!  Maar hier kom hy nou!

Die fantastiese Kaleidoskoop kom kuier weer vir ons – en ons het besluit dis veel makliker om Valentyndag te skuif na ‘n Vrydag toe, ek vermoed die helfte van die dorp kyk anwyay op ‘n Maandag Survivor!  As jy nog nie vir Kaleidoskoop beleef het nie, girl, kom kyk. Ja, hulle sit so paar LUVE songs by hulle repetoire, maar as jy Partnerloos is in die Paarl, moenie dink jy kan nie alleen (of saam met ‘n paar maters) kom nie. Wihan (die man) sê Kaleidoskoop laat hom dink aan Simon and Garfunkel en The Corrs, hulle wysies en harmonieë is so ineengevleg dat jou ore dink hulle het doodgegaan en hemel toe gegaan.  Regtig die moeite werd!

Dan is Spektrum Produksies weer op ons planke met Sneeuwitjie en die 7 dwerge.  Gie-gie-gie!  Kan nie wag nie!  ‘n Mens is nooit te oud vir kinderteater nie – en wat ‘n treat om vir Jan-Hendrik te sien wat al 7 dwerge speel!  Ai heng, en die kids wat ewe hard saam praat en raad gee hier uit die gehoor uit – ons sit en giggel nog vir dae oor alles wat daar uit kom.  (Nou die dag met Rooikappie was daar ‘n seuntjie wat baie adamant is dat Dolf die Wolf sy pa is.  Huh?).  Heerlik ook dat ons met die laaste kinderteater sommer 2 kinderpartytjies gehad het.  Bietjie kultuur, baie pret, ons maak die kaartjieprys minder vir ‘n bespreking van 10 of meer, die huis is nie verwoes nie en daai kinderogies blink soos juwele.

So het ek in Januarie op die Ou Meulteater se facebook groep gevra vir wie teatergangers wil kom kyk in 2011.  Ons is nog in die onderhandel fase met ‘n paar nuwe kunstenaars – ‘nuut’ soos nog nie lank aan die gang nie en ook ‘nuut’ soos het nog by die Ou Meul opgetree nie (watch this space…).  ‘Die Einstes’ is een van die nuwe groepe wat op my radar gekom het – kan natuurlik nou my naam met ‘n plank slaan, want almal ken hulle al laaankal.  Het hulle so bietjie gaan bekyk en luister – en laat ek jou vertel, hoogs impressed!  Daar is 2 links op die nuusbrief, kliek en kyk/luister gerus.  Nou weet ek geld groei nie aan bome nie en dis makliker om iemand te kom kyk wat jy reeds ken, maar hierdie groep is beslis die moeite werd om ‘n kans op te vat – en dan kan jy die een wees wat volgende keer mense saam sleep na hulle shows toe.  Het ek gesê hulle het ‘n tjello en viool in die band? Hmm-mmm!

Dis al vir eers, mag jou werk hierdie week vir jou lekker en nie te veel of te min wees nie.

Teatergroete uit die rooi stoel

Vicky Stemmet

083 564 0056

www.oumeulteater.co.za

Januarie
Goeie, goeie, goeie môre!

In die storie The Wizard of Oz word Dorothy deur ‘n tornado in Kansas opgetel en neergesit in die wonderlike wêreld van Oz.  Vermoedelik, dink ek, het sy dieselfde effe verwarde gevoel gehad as wat ek nou het om my in 2011 te bevind.  Skud my kop en wonder:  “Hoe, presies, het dit gebeur?”

Nietemin, het ek ‘n paar bladsye vol ‘to-do’ lysies – en sodra ek tyd het gaan ek behoorlik opgewonde raak oor die nuwe jaar en splinternuwe geleenthede, sonsopkomste, ontmoetings en heerlike werk wat vir my wag!

Ons spring weg met poppekas (sommer 2 keer, die maand) weereens die oulike Spektrum Span wat vir ons kom kuier – en dan….       wag daarvoor……     nog ‘n bietjie…..     is jy reg….?  Stef Bos!  Sommer vir 2 aande, swaerie!  Hy was laas jaar vir die 1ste keer by ons – en hy is gaande oor die Ou Meulteater – en ag, wie kan hom kwalik neem?       gie-gie-gie!

Daar is deesdae sommer 3 drama skole by die Ou Meulteater, almal se besonderhede is op ons webwerf.  Daar is Dinsdae aande amateur teater vir volwassenes, jy is welkom om my te kontak vir meer besonderhede – ons eerste play is einde Maart op die planke, watch this space vir meer info.  Op Maandae aande oefen die koor, skakel vir Trudie by 021 873 4604 as jy lus is om ‘n nuwe lied aan te hef.  Ek borrel van blygeid en dankbaarheid, die teater leef!

Surina en Johan van Nantes Vue het besluit dat hulle seisoen by die gastehuis eers verby is.  Duisend dankies vir julle twee.  Julle was vir my en die teater ‘n reuse seëning en my hoop is dat die maatsnoere vir julle op die perfekte plekke sal val in alles wat julle aanpak.

Tot volgende maand dan, teatervriende.  Mag jy meer as genoeg tyd hê om lief te hê en om te doen dit wat jou gelukkig maak.

Somergroete uit die rooi stoel

Vicky Stemmet

083 564 0056

www.oumeulteater.co.za

Desember
Goeie middag!

Wat ‘n heerlike teater jaar was dit nie!  Baie dankie vir almal van julle wat kom shows kyk het, wat julle vriende saam gebring het en ook vir die wat baie getrou vir ander ons program aanstuur.  Ek is vreeslik dankbaar vir julle almal – want sonder julle kan ons nie teater nie!

Ons het die jaar met ‘n amateur teater groep begin, (sal julle op hoogte hou wanneer ons debuut optrede is!), ons het kunstenaars gehad wat nog nie van te vore by ons opgetree het nie, op Maandae aande is daar koor…  Bedrywig!  En hopelik is daar van volgende jaar 3 verskillende drama skole vir die kinders om van te kies – sodra dit bevestig is sal ek die skole se tye en kontak besonderhede deur gee – en op ons web blad sit.

Dan is daar natuurlik mense wat eenvoudig net goed is vir ons – Nantes Vue wat weer met groot hartlikheid vir Frank en die Wielie Walie span verblyf en ontbyt gegee het, die munsipaliteit wat elke probleempie baie vinnig (en goed!) kom regmaak, mense wat my help by die snoepie – want dis lekker….. en so kan ek lofliedere sing!

Die enigste suur smakie in die mond:  soms bespreek mense vir shows en daag dan nie op nie…  not ayoba.  Veral nie as ons tjok en blok vol bespreek is – en ek moet mense weg wys – en dan is daar 10 sitplekke oop nie….

Reg, klaar gemoan    – gepraat van shows, die van julle wat nog wou bespreek vir “Die Naaimasjien”, spaar jouself ‘n oproep, ons is (ta-da-dish!) vol bespreek.   Troos jouself wel daaraan dat ons reeds besig is om datums te bepraat sodat Sandra volgende jaar weer by ons kan kom speel.  Ja, ek weet, dis nou sommer goeie nuus!

Saterdag die 27ste is daar nog “Dolf die Wolf en die 3 Varkies” van die uitstekende Spektrum span (regtig, mense sonder kinders kom kyk ook deesdae as hulle op die planke is!  En ek kan presies verstaan hoekom!)  En Saterdag aand (nog steeds die 27ste) is “As lippe kon praat” – en as jy nou deurmekaar is,  dit is die “Vagina Monoloë” wat herdoop is, so dis steeds dieselfde storie en aktrises.  As jy tyd en lus het, kyk so bietjie op ons web blad wat ek oor hulle vorige show by ons te sê het.  Daar sal so teen vanaand ook ‘n bladsytjie wees oor “Rooikaart”.  Die kort opsomming is:  Wow!

Dan natuurlik is dit ‘housekeeping’ tyd in Desember (in Desember!!), as jy ‘n kontak het wat industriele matskoonmakers uithuur (uit leen?? kyk hoe fladder my ogies) stuur my ‘n mailtjie?

Soe, as jy tot hier gelees het, baie dankie!  Gaan kry nou ‘n koffietjie en bekyk die program

Hoop dat jy hierdie Desember baie meer geseend as gejaagd sal voel, dat jy presies genoeg waatlemoen, sonskyn, braaivleis en familie kuiers sal hê.  En dat jy sal onthou dat daar ‘n Kind gebore is met jou naam in Sy handpalm.

Somergroete uit die rooi stoel

Vicky Stemmet

083 564 0056

www.oumeulteater.co.za